Herklink – New Homepage

Waardige virtuele begrafnisdienste

Ons weet dit is nie nou maklik om by mekaar te wees nie. Skep ‘n oomblik van nabyheid in grendeltyd – uniek aan jou familie.

Ons ondersteun jou met die tegniese versorging sodat jy ‘n virtuele begrafnisdiens kan bywoon waar jy jou oë kan toemaak.

‘n nuwe aanslag

Wat is ‘n oudio-gedenkdiens?

‘n Oudiogedenkdiens is ‘n professionele klankverwerking van huldeblyke, uniek en eie aan jou familie.

Familie en vriende stuur vir ons stemboodskappe aan waarmee hulle ‘n huldeblyk aan die afgestorwene lewer. Ons redigeer hierdie huldeblyke, met passende agtergrondmusiek, in ‘n keurige oudiodiens.

Luister hier: Diens in Afrikaans


Hoe werk dit?

ONS BEGELEI JOU MET ELKE STAP

1. Bydraes

  • Idees vir unieke huldeblyke: gedigte voorlees, staaltjies, geluide uit die natuur
  • Instruksies: hoe om ‘n goeie opname met jou slimfoon te maak
  • Koördinering met leraar
  • Musiek van eie keuse
  • Insameling van bydraes via WhatsApp, e-pos, of Messenger

2. Beplanning van diens

  • Koördinering van datum en tyd
  • Verspreiding van diens via portaal
  • Moderering van kommentaar en terugvoering tydens gedenkdiens

3. Gedenkdiensblad

  • Versameling foto’s
  • Lys van sprekers en verloop van diens
  • Slimfoon- en rekenaarvriendelike formaat
  • Kopie van transkripsies
  • Blaadjie in uitdruk-formaat (PDF)

Herklink in die media

Is ‘n oudiogedenkdiens beter as Zoom?

ONS GLO BEGRAFNISSE MOET SPESIAAL EN AFGEROND WEES.

Hoekom dan nie Zoom nie?

  • Jy kort ‘n bekwame tegnologiekenner om die deelnemers te lei
  • Deelnemers voel oorweldig deur die verskillende video formate
  • Die klank is dikwels nie goed genoeg om mooi te hoor nie
  • Die video kan haak a.g.v. ‘n slegte internetkonneksie
  • Jy moet ‘n toep vooraf aflaai en benodig ‘n e-pos-adres. Dit is veral vir bejaardes moeilik
  • Die moderator is dikwels een van die afgestorwene se geliefdes, en ervaar dit baie stresvol

Hoekom is ‘n oudiodiens beter?

  • Met stemboodskappe hoef jy nie “voor” mense te praat nie.
  • Enige familielid of vriend, jonk en oud, kan ‘n bydrae lewer.
  • Jy hoef bloot die opname aan ons te stuur, of die familielid stuur dit direk aan ons.
  • Ons redigeer opnames om ‘n samehangende storie te vorm.
  • Jy kan jou oë toemaak en rustig luister, en altyd weer daarna luister.
  • Verspreiding is privaat en met ‘n wagwoord beskerm.
  • Digitale blad kan baie foto’s bevat.
  • Luisteraars kan op die private webblad boodskappe tik. Niemand word deur notifikasies oorweldig nie.
  • Jy benodig slegs ‘n slimfoon, oorfone en/of luidspreker.

Wat ons kliënte sê:

Wat ‘n unieke en deernisvolle gedenkdiens wat Herklink met die heengaan van my moeder saamgestel het, in ‘n tyd waar ons, as gevolg van die Corona-pandemie, nie bymekaar kon wees nie. Hierdie oudiodiens is ‘n kosbare skat wat ‘n mens vir ewig kan bewaar om na te luister, en ‘n nagedagtenis om ons geliefdes te onthou.

– Helena van Schalkwyk

Baie dankie vir die pragtige gedenkdiens wat julle vir my ouers saamgestel het. Dit is voorwaar ‘n groot troos vir ons familie. Baie seën vir die goeie werk wat julle doen.

– Jan Lourens

‘n Netjiese , stylvolle, deurdagte samestelling. ‘n Pragtige konsep wat nie in geld gemeet kan word nie.

– Marietjie Steenkamp

My mother passed away in a time where holding a physical funeral is impossible. With so many of her friends overseas, getting everyone at one place would, under normal circumstances, have been impossible.  

All over the world we gathered and listened to the memorial service, at the same time. We felt close in spirit and in this way we were able to celebrate my mum’s colourful and beautiful life. I could not have planned a more elegant and special final farewell, and I know my mum would have loved every bit of it.

– Leonorah Glatthaar

Kontak ons

Lewer kommentaar